Treur die nagte deur
Sy siel in jou graveer
Tragedie met spyt gevlek
by ‘n krans in die Hexvallei
Dodelike liefde
Die blom van goed en kwaad
Die tering en verlange
wat smag na soveel meer
Dit kan ‘n lewe neem
Dit kan geliefdes vervreem
Dit sal haar siel ontneem
van ‘n sprokiesamesyn
Middernag bring die uur
Sy krap sy naam teen die muur
Dit was sy einde
Die Heks van Hexvallei
Betowering in smart geyk
Wat skuld soos liefde laat blyk
Dit bring haar einde
Die Heks van Hexvallei
So tipies word romanse tot ‘n daad verlaag
So algemeen word dit goedkoop gemaak
En dit bring geweld
Oënskynlik verfraai
‘n Duur liefdesles sou twee lewens kos
Sy spook
Sy treur
Die tyd kan sy nie terugwen
Nou wandel sy rond in die hiernamaals
Haarself tot smart verdoem
Gee jou siel vir die nag
Glinsteroë, duiwel wat wag
Krap jou naels in skerwe
‘n Liefde vir ewig bederwe
Middernag bring die uur
Sy krap sy naam teen die muur
These California up-and-comers don't merely pay tribute to ’90s death metal; they make it their own by taking charge and letting it rip. Bandcamp New & Notable Jan 21, 2024