Daar word ons verwyder in die soektog van die nag
Verlore en verlate dwaal ons af
Ek sien die koue
Ek sien die sneeu
Ek sien die storm wat nader kom
Hier kom my lyding
Hier kom my einde
Hier kom die punt wat ek gaan verkluim
Ek hunker na die lewe wat so koud van my ontneem word
My sorg verlaat my nie
Ek sal eerder verkluim
Ek kyk om my na die storm wat woed
Die koue brand en die sneeu versmoor
Die duisternis verwelkom my
So nader die tyd om te verkluim
Verkluim in die koue wat brand soos vuur – in die sneeu wat my are verhard
Ek kyk om my na die koue hel
Die koue skroei en die sneeu verwurg
Alle tekens van lewe is heen
My hart wil klop maar ek wil eerder verkluim
These California up-and-comers don't merely pay tribute to ’90s death metal; they make it their own by taking charge and letting it rip. Bandcamp New & Notable Jan 21, 2024